Brief aan die Geloftevolk van Suid-Afrika
Verkry die brief in pdf formaat.
Insake: Stigtingsdag 6 April 2012
Toe Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 hul aan die Kaap kom vestig het, was hul primêre doel om ‘n halfwegstasie op die been te bring wat as ondersteuningspunt moes dien vir die skeepvaartroete om die Kaap na die Ooste, waarmee baie winsgewende handel gedryf is. Dit was ook hul doel om ‘n kolonie te stig waardeur hul infrastruktuur uitgebrei kon word.
Hul seevaart, asook hul eerste twee jaar het egter so voorspoedig verloop dat hul daarin die Hand van ons hemelse Vader gesien het en ‘n belofte aan Hom gemaak het wat as volg lui:
Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters [Here XVII – die Direkteure van die VOC] te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
Hiermee het hulle erkenning aan die Almagtige God van hemel en aarde gegee dat dit Hy is wat hulle reis op see voorspoedig laat verloop het, sodat hulle behoue hul bestemming bereik het, en dat hul eerste twee jaar gekenmerk was met vele seëninge sodat dit voorspoedig en na wense verloop het. Dit het so ‘n groot indruk op hul gemaak dat hul besluit het om dié dag in die vervolg as ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel sodat die weldade van die HERE[1] wat aan hulle bewys is, nooit deur die nageslag vergeet sou word nie. Die doel van die instelling was dat hierdie weldade aan die nakomelinge vertel sou word en dat God daardeur vir altyd vereer moet word.
Dit is derhalwe die doel van hierdie skrywe op u as nakomeling te herinner aan die beskikkende Hand van die HERE [JHWH – sien voetnota 1], wat Hom van voor die volksplanting van hierdie volk aan die suidpunt van Afrika oor ons ontferm het.
Die herdenking van hierdie gebeurtenisse, en die eerbied wat ons hemelse Vader toekom het in die vergetelheid verdwyn. Die ouer garde onthou nog dat Van Riebeeckdag lank gelede ‘n vakansiedag was, maar bitter min van hulle weet van die belofte wat gemaak is. Hierdie belofte is sinoniem met ‘n gelofte, en moet betaal word. Ons Vader in die hemel eis dit van ons in terme van:
Deut.23:21-23 [1933/53 Bybel]
21 As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het—wat jy met jou mond gespreek het.
Die vraag ontstaan nou tot welke mate die versuim om ook hierdie gelofte te betaal sonde in ons as volk geword het. Sover ons kon vasstel het Van Riebeeck maar vir drie jaar hom binne amptelike hoedanigheid hierby gehou. Binne enkele jare is hy oorgeplaas na ander wêrelddele en was hy nie meer betrokke by die sake aan die Kaap nie. Dit is egter nie ‘n verskoning om dan skouers op te trek en jou hande in onskuld te was nie. Die eer van ons hemelse Vader is in gedrang, en Hy HET alles voorspoedig laat verloop. Hy eis dit van ons, en by gebrek aan ons eerbiediging van hierdie gelofte word dit sonde in ons en sal Hy die werke van ons hande verwoes, soos opgeteken in:
Pred.5:3-5
3 As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
5 Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ‘n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ‘n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?
Nou kan mens jouself die vraag afvra: Waarom gaan dit tans so sleg met ons as Volk hier aan die suidpunt van Afrika? Is dit nie omdat ons nie meer ons geloftes betaal nie?
- Is dit nie omdat ons net aandag gee aan die Gelofte van Bloedrivier nie?
- Wat het geword van Van Riebeeckdag,
- van die herdenking van die Gelofte van Paardekraal wat bepaal dat ons as Volk jaarliks by Paardekraal op 16 Desember bymekaar sal kom en die oorwinning van die ZAR oor die Britse anneksasie van 1877-1881, te gedenk,
- en die eerbiediging van die ZAR Volksraadbesluit van 31 Mei 1882 waarin geproklameer is dat 27 Februarie jaarliks as ‘n dag van verootmoediging deurgebring sal word sodat die weldade van die Almagtige God in herinnering geroep word en die eer van die oorwinning aan Hom gegee word?
- Wat van die broederskap gelofte wat op 9 September 1939 op Monumentkoppie voor die Almagtige God afgelê is en waarby 70 000 volksgenote betrokke was in die jare toe hierdie volk weer opgestaan het en stelselmatig van die Britse jul bevry is. ‘n Klipstapeling is die stille getuienis daarvan, en het in die vergetelheid verdwyn.
Het ons as Volk nie ook ‘n aandeel aan die haaglike toestande waarin baie van ons verkeer nie?
- Is dit nie omdat ons onder andere nie ons geloftes betaal nie?
- Is dit net die skuld van die Nasionale Party van die verlede?
- Het hierdie volk nie die huidige bestel ingestem nie? Met ‘n kruisie die Lewende God van hemel en aarde se drumpel gelyk gestel met die afgode in die hoogste gesagsliggaam van hierdie volk nie?
- Het hierdie volk nie daarmee die vriend van die wêreld en daarmee saam die vyand van die Almagtige God geword nie [Jak.4:4]?
- Is dit nie ook sommige kerke wat ywerig hieraan deelgeneem het, en van die kansels die politieke vrede in die vooruitsig gestel het en die HERE [JHWH] se seën op hierdie godsdienstige hoerery gebid het nie?
- Verdien ons nie dit wat oor ons gekom het nie?
- Is dit die goeie hoedanighede van die huidige regering wat hul in beheer oor ons geplaas het, of is dit ons swak hoedanighede wat ons onder ‘n strafgerig van ons hemelse Vader geplaas het?
Kyk maar om u rond.
- Word die werke van ons hande nie al sedert 1994 voor ons oë verwoes nie.
- Sal die HERE [JHWH] dan swyg? Sal Hy Homself tot leuenaar maak en nie voltrek wat Hy gespreek het nie?
- Eis Hy dan nie nou van ons wat ons beloof het nie; wat oor ons lippe gegaan het nie; waaraan ons verbonde is nie?
- Vergeld Hy dan ons nie nou vir ons afvalligheid van Hom nie; ons versuim om ons geloftes te betaal en ons godsdienstige hoerery nie – Op.2:14,20?
“Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?” – Prediker 5:5
Daar is egter ‘n oplossing hiervoor. Die Bybel is vol voorbeelde van straf vir afvalligheid en herstel by berou en bekering. Ons durf nie berus by die huidige bestel nie.
Neem u verantwoordelikheid op en betaal wat u voorsate beloof het. Ons is veronderstel om vandag te deel in die voorsienigheid van die Almagtige God wat Hy reeds tot ons voorsate se beskikking gestel het en vir ons in die vooruitsig gestel het, maar weens ons afvalligheid van ons weerhou word.
Eerskomende Van Riebeeckdag sinkroniseer vanjaar met die herdenking van die dag waarop Christus vir ons geoffer is. Laat ons dan hierdie jaar spesiale aandag hieraan verleen. Tref betyds die nodige reëlings en benut die openbare vakansiedag as ‘n dag van dank en gebed vir die wyse waarop die HERE [JHWH] voorsiening gemaak het vir die koms van ons voorsate na hierdie land. Bring die dag deur in ootmoed en dankbaarheid vir die offer wat Sy Seun en ons Losser op die dag volbring het. Eer Hom en verheerlik Sy Grote Naam vir al die wonderdade wat Hy aan ons as volk volbring het en weet dat die koms van u voorsate na hierdie land in ooreenstemming is met dit wat opgeteken is in:
Sef.3:10-13
10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.
13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.
Die land oorkant die riviere van Kus is Suider Afrika. Die offerande wat ons as oorblyfsel Hom moet bring is die offers van ons lippe en ons lewe, nl. getuienis, lofprysing, danksegging, ‘n lewe van dankbaarheid en die betaal van ons geloftes. Die koms van die Europeërs na Suider Afrika is geprofeteer en is deel van ons hemelse Vader se Raadsplan.
Laat ons dan Sy koninkryk soek en ons geloftes betaal:
Ps.50:14-15
14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Vrede
Flip Swanepoel [nms. Geloftevolk Koördineringskomitee.]
[1] Verwysende na die Almagtige God [Elohim] wat Hom aan Moses bekend gestel het met Sy gedenknaam JHWH, algemeen uitgespreek as Jahweh – sien Ex.3:13-15 en 6:1-2 in ‘n verklarende Bybel.
HERDENKING VAN MAJUBADAG EN NAKOMING VAN DIE PAARDEKRAALGELOFTE
Geagte Volksgenote,
Die volk waaraan u behoort is tans moeilik definieerbaar want aansienlike meningsverskil bestaan oor die ware identiteit van ons volk. Vir sommige is ons “Afrikaners” vir andere weer “Boere”. Dan is die groot vraag nog: Wie is almal deel van die volk?
Daar is egter ‘n antwoord op een oorheersende vraag wat deur al hierdie argumente sny, naamlik: Wat bind ons saam? Ons sou dit ook anders kon stel en vra: Waarin vind ons ten diepste ons identiteit? By oordenking hiervan het ons tot die slotsom gekom dat die enkele samebindende faktor vir ons volk is die Gelofte van Bloedrivier van 16 Desember 1838. Wie tot nakoming van die Gelofte van Bloedrivier geroepe is, is lid van hierdie volk. Ons het daarom begin om ons volk “die Geloftevolk” te noem en vertrou dat dit ook vir u sinvol en bevredigend sal wees.
Brief aan die Geloftevolk van Suid-Afrika
Verkry die brief in pdf formaat.
Insake: Psalm 17:11 Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.
Geagte volksgenoot.
Die Eerste Vryheidsoorlog teen Brittanje het merkwaardig op Geloftedag – die 16de Desember 1880 begin toe ‘n Britse garnisoen op die magte van die ZAR op Potchefstroom geskiet het. Op dieselfde dag is die vierkleur by Paardekraal asook Heidelberg gehys en is dié dorp as hoofkwartier van die herstelde ZAR regering ingerig. Die 1838 Gelofte is ook op dieselfde dag plegtig deur burgers van die ZAR herdenk[1]. Hierdie herdenking was maar die 2de daarvan binne volksgeledere sedert 16 Desember 1838. Lees die res van diè artikel »
Inleidend tot die Verslag oor die ondersoek na die Outentieke Gelofte van Bloedrivier
Outeur: adminInleidend tot die Verslag oor die ondersoek na die Outentieke Gelofte van Bloedrivier
Laai verslag af in pdf formaat
Dit is vanjaar die 173 ste herdenking van Geloftedag.
Sarel Cilliers onthou die aanloop tot die gelofte as volg: “Die heer Andries Pretorius was onze gekozene Generaal, op deze Commando hij sprak met mij ook Ik met hem, over de belofte die de Bijbil heilige heb gedaan, dat ook wy de Heere een belofte moeten doen, als de Heere ons de Overwinning, tegen onze Vijand zoude geven, dat wij dan die dag als een “Sabbath elk Jaar zoude heiligen. Maar ik stelde het voor wat Daved zegt, doet belofte maar betaald zijde Heer, het is beter dat wij niet beloof, als wij dat beloofd en niet betaal het was dan zijne begeerte dat wij tezamen hem een belofte zouden doen,..” [1]
Hierdie gesprek vind plaas op ongeveer die 7de Desember 1838. Andries Pretorius wou hul opmars teen Dingaan nie sonder ʼn gelofte laat geskied nie. Hy het hul tekortkominge besef, maar ook besef dat hul krag en heil in die Hande was van die God van Hemel en aarde. Sy gedagte was dat die dag der oorwinning elke jaar as ʼn Sabbat deurgebring moes word. Cilliers was aanvanklik huiwerig, maar het later ingestem.
Referate Gelewer Tydens die afgelope Volksvergadering van die Geloftevolk gehou te Orania op 28-30 Oktober 2011
Outeur: adminReferate Gelewer Tydens die afgelope Volksvergadering van die Geloftevolk gehou te Orania op 28-30 Oktober 2011.
Tydens die afloop van die 3de Volksvergadering van die Geloftevolk het verskeie sprekers referate gelewer. Die referate is hieronder beskikbaar.
1. Verslag oor die outentieke weergawe van die Gelofte van 1838 – Flip Swanepoel
Laai referaat af in pdf formaat
2. Teokratiese verslag oor die Teokratiese Grondwet – Adv. Lourens Joubert en Dr. Ronnie van der Merwe
Laai referaat af in pdf formaat
3. Die Invloed van geheime organisasies – Flip Swanepoel
4. Herkoms en Roeping van die Geloftevolk – Dr. Ronnie van der Merwe
Laai referaat af in pdf formaat
5. Is Apartheid sonde? – Flip Swanepoel
Laai referaat af in pdf formaat
6. Is ons nog onder die wet – Jaco Diedericks
Laai referaat af in pdf formaat
7. Halaal – Dr. Ronnie van der Merwe
Proklomasies en Besluite van die Volksvergadering gehou te Orania 28 – 30 Oktober 2011
Outeur: adminVerkry die dokument in pdf formaat.
Proklamasies van die Volksvergadering van die Geloftevolk van Suid-Afrika gehou op 28-30 Oktober 2011
1) Outentieke weergawe van die Bloedriviergelofte
Voortspruitend uit die eenparige aanvaarding van die verslag m.b.t. die ondersoek na die outentieke weergawe van die gelofte van Bloedrivier word geproklameer dat die weergawe van die gelofte wat tydens die strafekspedisie afgelê is vanaf 9-16 Desember 1838 soos opgeteken is deur Jan Gerritze Bantjes [Sekretaris van Andries Pretorius] die oorspronklike en dus die outentieke weergawe van die Bloedriviergelofte is. Dit lui soos volg:
“dat hy aan den Almagtigen eene gelofte doen wilde (indien allen wel wilden), om zoo de HEERE ons de overwinning geven mogt, een Huis tot Zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten alwaar het Hem zal behagen – en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aantekenen, om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Ere van God gevierd mag worden.”[1]
Sakelys vir die Volksvergadering D.V. 28 – 30 Oktober 2011 te Orania.
Outeur: adminVerkry die dokument in pdf formaat.
VOLKSVERGADERING
van die Geloftevolk van Suid-Afrika
D.V. 28-30 Oktober 2011
Orania Gemeenskapsaal
Tema: Soek My en julle sal lewe
Program:
28 Oktober 2011:
14:00 Verwelkoming en afkondigings.
14:10 Opening.
14:45 Ordereëlings.
A. Sake voortspruitend uit vorige Volksvergaderings:
15:00 1. Verslag oor:
Die outentieke Gelofte van Bloedrivier – Flip Swanepoel en Phillip Groenenstein.
Ingevolge Besluit 1 van die Vegkop Volksvergadering moet die Geloftevolk se vrywordingsproses geskoei wees op die grondslag van die Volksgeloftes. Verskeie weergawes van hierdie gelofte het oor die jare ontstaan en daar bestaan meningsverskil oor welke weergawe die korrekte een is.
Kennisgewing September 2011
Geagte volksgenoot
U mag dalk al vantevore kennis geneem het van ‘n Geloftevolk-volksvergadering wat gedurende September 2009 te Vegkop plaasgevind het en opgevolg is met ‘n volksvergadering gehou te Nampo, Bothaville gedurende Oktober 2010.
Tydens hierdie volksvergaderings is besluit dat die Geloftevolk ‘n vrywordingsproses van stapel stuur gegrond op die volksgeloftes van 1654, 1838 en 1880 waardeur ons Hemelse Vader JHWH (die Here) se hulp gevra word ten einde ons in staat te stel om tot Sy eer ‘n teokratiese bestel (Skrifgefundeerde regering) oor ons ingestel te kry.
Hierdie proses het gevorder tot die daarstelling van ‘n Teokratiese Verslag en ‘n konsep grondwet wat, na hersiening, aan die volgende volksvergadering gehou te Gemeenskapsaal, Orania D.V. 28 – 30 Oktober 2011, voorgelê sal word. Hierdie dokumente is verkrygbaar op ons webwerf www.volksvergadering.co.za onder die “Laai af” bladsy.
U word hartlik uitgenooi om die vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Die sakelys van die vergadering sal binnekort op ons webwerf beskikbaar wees vir u kennisname en insette.
Ter nakoming van sy opdrag rig die GKK hiermee ‘n ernstige waarskuwing aan volksgenote rakende ons veiligheid. Die gesaghebbende organisasie Genocide Watch, het onlangs weens openbare uitlatings van sekere individue, plaasmoorde, dreigende massa-optrede en misdaad, wittes in Suid Afrika se veiligheids situasie tot ‘n vlak ses opgegradeer wat die voorlaaste vlak vir fisiese uitwissing is.
U word aangeraai om in belang van ons veiligheid by enige toepaslike organisasie in te skakel. Vir voorligting m.b.t. u veiligheid word u verwys na die “Nood Handleiding” en “Mediese Handleiding” wat ook op ons webwerf te vinde is onder die “Laai af” bladsy.
U word vriendelik versoek om hierdie omsendskrywe aan u mede-volksgenote te versend en maak staat op u voorbidding.
Seënwense
Dr. Ronnie v.d. Merwe (Voorsitter, Geloftevolk Koördineringskomitee)
Verkry die dokument in pdf formaat.
VOLKSVERGADERING
KENNIS GESKIED HIERMEE VAN DIE DERDE VOLKSVERGADERING VAN DIE GELOFTEVOLK VAN SUID-AFRIKA
Tema: Soek My en julle sal lewe – Amos 5:4b
Datum: D.V. 28, 29 en 30 Oktober 2011
Plek: Gemeenskapsaal, Orania
Geagte Volksgenoot
Dit gaan toenemend slegter met die Blanke aan die Suidpunt van Afrika. Gruweldaad op gruweldaad word gepleeg, sonder dat iets daaraan gedoen word. “Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.” – Amos 5:2
Dit voel dikwels asof ons Hemelse Vader Hom nie meer oor ons wil ontferm nie. Hy is tog die Beskikker van Volke en Nasies, en Hy sluimer nie, en Hy slaap nie. Ons huidige situasie getuig van ‘n strafgerig waaronder ons verkeer. Ten spyte van ons godsdienstigheid gaan ons ten gronde – Hos.4:6.
Amos het ‘n klaaglied aangehef onder soortgelyke omstandighede. Hy het egter ook ‘n oplossing voorgehou: “Soek die HERE [JHWH], dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos ‘n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie. “ – Amos 5:6
Ons as Geloftevolk het grotendeels afgedwaal van die verordende weë, asook ons geloftes versaak, daarom dat ons nou ten gronde gaan en al die werke van ons hande verwoes word – Lev.26:14-25, Prd.5:3-5.
Eseg.33:11 “ … Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? ”
Verkry die dokument in pdf formaat.
Gedurende die Vegkop Volksvergadering van Sept.2009 is besluit dat die Geloftevolk se vrywordingsproses geskoei moet wees op die grondslag van die Volksgeloftes en dat die nakoming daarvan ‘n Teokratiese staatsmodel vereis. Sedertdien het die Geloftevolk Koördineringskomitee en die Teokratiese Komitee deurlopend die geloftes waardeur die Geloftevolk aan hul hemelse Vader gebonde is, onder die aandag van die Volk gebring.
Hierdie aksie het tot gevolg gehad dat baie volksgenote kennis geneem het van geloftes waarvan hul nog nooit gehoor het nie. Een hiervan is die Gelofte van Jan van Riebeeck van 1654. Hierdie gelofte is ‘n dankbaarheidsgelofte wat ook soos die 1838 Gelofte aan die nageslag opgedra is en wat tot eer van JaHWeH [die HERE] gedenk moet word.